INTERPELLASIES

Bevoegdhede en magte van Minister: heront-
plooiing van polisiebeamptes in Claremont

*1.	Mnr S E Byneveldt vra die Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning:

Of hy op 6 Junie 2000 met sy onderneming aan die Kaapse Horhof rakende die herontplooing van drie polisiebeamptes wat in Claremont gestasioneer is, ten volle ag geslaan het op die magte en bevoegdhede wat statutr of andersins aan hom verleen is om aldus op te tree; so ja, of hy 'n verklaring oor sodanige magte en bevoegdhede sal doen?

*DIE MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, die situasie is soos volg. 'n Interim interdik is vroer vanjaar toegestaan teen die GPOs wat met die Claremont "sekswerkers"-saak gemoeid was, ten einde te verhoed dat hulle die betrokke mense lastig val of aanrand. Op 6 Junie 2000 is die interdik ter syde gestel en elke party beveel om hul eie koste te betaal.

Die regsverteenwoordiger van SAPD het sonder benadeling van regte, die onderneming gemaak. Hy het onderneem om te verseker dat die betrokke GPOs nie ontplooi sou word waar hulle met die aansoekers in aanraking sou kom nie, tot tyd en wyl enige kriminele of departementele verhore teen enige van hulle afgehandel is nie.

Dit dien vermeld te word - en ek stel voor dat die interpellant luister - dat ek as provinsiale Minister nooit 'n respondent in hierdie interdik-verrigtinge was nie, maar die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit, en die onderneming is dus namens die nasionale Minister gemaak. Die saak, soos die pers gerapporteer, is dus verkeerd.

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, ek wil graag van die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning weet, as hy vandag dit s, wat hy aan die koerante ges het toe hulle die berig gedra het. Ek haal aan uit die Cape Times:

The matter was settled after the Minister of Community Safety, Mark Wiley, gave an undertaking to the Cape High Court that the three policemen would be redeployed to other areas and would not perform any duties relating to sex workers.

Dit is wat die Cape Times berig het. Dit sou in elk geval gepas gewees het as die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning so 'n onderneming sou gegee het. In di verband verwys ek na artikel 48(3)(i), (ii) en (iii) in die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Wet 68 van 1995, ten aansien van reserviste en sy bevoegdhede ten opsigte van reserviste.

Mnr die Speaker, ek wil baie graag van die agb Minister weet of hy inderdaad die situasie in die gedrukte media reggestel het en, indien nie, om watter rede nie. Sou dit hom goed pas as die gedrukte media hierdie soort indruk dra, sonder om dit noodwendig reg te stel of te betwis?

Ten tweede wil ek graag van die agb Minister weet wat hy van hierdie kwessie dink. Sy probleem is dat hy warm en koue lug blaas - dan het hy magte, dan het hy nie magte nie. In di geval het die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens vir hom spesifieke magte en bevoegdhede gegee. Die Wet verwys na provinsiale Ministers, en hy het nie noodwendig die verantwoordelikheid opgeneem nie.

Mnr die Speaker, die agb Minister bly kla dat daar nie genoeg polisiemanne en -vroue is nie en dat hy nie die magte het nie. Onlangs, egter, met die busblokkade op onder andere die N1, die N2 en die R300, het hy ewe skielik 'n klomp bevoegdhede gehad. Toe kon 'n klomp polisiemanne en -vroue aangewend word om op die busbestuurders toe te slaan. Die vraag wat die agb Minister vandag moet beantwoord, is of die rede daarvoor die feit is dat dit langs die N1 en die N2 plaasgevind het en waar spesifiek op daardie paaie dit plaasgevind het.

Ons het di situasie ook in Guguletu gehad. Ek praat van die Thabo Mabaso-insident waaroor ek ook by 'n vorige geleentheid in die Huis gepraat het, waar die agb Minister sekere dinge gedoen het, en so ook sy optrede na die ondervinding wat die agb Minister van Onderwys by die Guguletu Polisiestasie gehad het. Toe die agb Minister van Onderwys gekla het, kon hy inderdaad ingryp.

Die feit is dat die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning die verantwoordelikheid het om aan lede van die SAPD leiding te gee. Dit is duidelik uit die Wes-Kaapse Grondwet en die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens dat die agb Minister bepaalde bevoegdhede het wat hy inderdaad kan uitoefen. [Tyd verstreke.]

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, dit is baie jammer dat ek ewe skielik ook bevoegdhede het met betrekking tot die pers. Die pers het opmerkings aan my toegedig terwyl ek geen onderhoud met hulle gevoer het nie en geen verklaring aan hulle gemaak het nie, en nou ewe skielik is ek verantwoordelik vir wat die pers oor my skryf. Is daar nog iets waarvoor die agb lid mnr Byneveldt my wil blameer?

Nogtans, die pers is ingelig dat hulle 'n fout gemaak het. Ek weet nie of hulle dit gepubliseer het of nie.

*Die tweede aspek wat my in 'n mate bekommer, is dat die Departement van Gemeenskapsveiligheid, wat hierdie aangeleentheid betref, wel ondersoek ingestel het om toe te sien dat die departement die regte prosedure volg met betrekking tot my pligte. Dit is wel gedoen. In hierdie geval is die reservis-konstabel Van Wyk deur die ICD ondersoek. Dit is wat ons vasgestel het. Die sake is op 12 Mei 2000 na die Direkteur van Openbare Vervolging verwys. Sover bekend, is geen besluit geneem om te vervolg of nie te vervolg nie. Geen klagtes is aanhangig gemaak teen enige ander persoon wat saam met reservis-konstabel Van Wyk was nie, maar hulle is nietemin uit daardie omgewing verskuif deur die GPBR - dit is die Gemeenskapspatrolliebeampteraad in Claremont - en nie in die gebied ontplooi waar di omstredenheid ontstaan het nie. Reservis-konstabel Van Wyk is deur die GPBR geskors. Dit is met my instemming gedoen.

In reaksie op die agb lid mnr Byneveldt se opmerking dat ons nie doen wat ons veronderstel is om te doen nie, gee ek aan hom die versekering dat ons inderdaad veel meer doen as wat ons veronderstel is om te doen. Ek sou aan die hand wou doen dat hy dit in aanmerking neem. As hy graag buite die Huis wil herhaal dat ek 'n opdrag aan die polisie gegee het om iets in die Thabo Mabaso-voorval te doen, staan dit hom vry om dit te doen.

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, gepraat van die Thabo Mabaso-insident. Die punt is dat die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning niks daaromtrent gedoen het nie. 'n Swart persoon stap by die Guguletu Polisiestasie in, verloor sy oog en die agb Minister s absoluut niks nie.

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Dit is 'n misleiding van die Huis. [Tussenwerpsels.]

Mnr S E BYNEVELDT: In hierdie geval ...

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Jy is besig om die Huis te mislei!

Mnr S E BYNEVELDT: ... is dit 'n kwessie van 'n groep sekswerkers wat sekere klagtes gel het, en die agb Minister het uitgespel wat hy daaromtrent gedoen het. Hy en die kommissaris loop in elk geval saam. Dit is die kern van die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens en van die Grondwet, en dit is waarom die kommissaris sekere bevoegdhede het. As 'n mens luister na die stories wat jy op die Kaapse Vlakte hoor, is die agb Minister 'n groot konsultant.

Konsekwente optrede is noodsaaklik. Die agb Minister kan nie langer in sy optrede wisselvallig wees nie. Konsekwente optrede en gelykberegtiging is noodsaaklik. Swartmense, bruinmense en blankes moet op dieselfde manier hanteer word. Ek dink nie die agb Minister het goed geslaag in sy poging om te bewys dat ons mense op dieselfde manier hanteer word nie. Vroue op die Kaapse Vlakte is daarop geregtig om op dieselfde wyse behandel te word as vroue in Bishopscourt en Constantia. In daardie opsig moet sy stem beslis baie duideliker hoorbaar wees.

Dit is sy verantwoordelikheid om leiding aan die polisie te gee. Waar insidente soos hierdie voorkom, moet hy sterker leierskap demonstreer. In hierdie opsig dink ek veral aan gevalle soos di van Thabo Mabaso en Niel van Heerden. Ek verstaan plek-plek die dilemma waarin hy hom bevind.

Ek doen 'n beroep op die agb Minister vir gelyke beregtiging. Die manier waarop die polisie hulself hanteer, en die manier waarop die agb Minister hom oor aangeleenthede uitlaat of nie uitlaat nie - en miskien moet hy tog ... [Tyd verstreke.]

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, ek is baie bly vir die geleentheid. Om die waarheid te s, ek weet nie waaroor hierdie interpellasie gaan nie. Ewe skielik dig die agb lid mnr Byneveldt 'n hele klomp pligte aan my toe wat ek nie het nie, en praat van insidente waarin ek nie sou opgetree het nie. Hy het die Huis opsetlik mislei deur te s dat ek nie oor die Thabo Mabaso-insident 'n verklaring uitgereik het nie. Dit was opsetlike misleiding van die Huis.

In gevalle waar ek wel gelykberegtiging kon toepas, gee hy ewe skielik voor dat ek rassisties is. Wel, hy kan dit doen, ... [Tussenwerpsels.]

*Me T ESSOP: Jy is! [Onhoorbaar.]

Die MINISTER: Met respek, mnr die Speaker, ek stel 'n punt van orde: ek is so pas 'n rassis genoem. Is dit parlementr om vir 'n lid te s dat hy rassisties is?

Die SPEAKER: Orde! Het die agb lid me Essop die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning 'n rassis genoem? [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Kry een maal in u lewe die moed van u oortuiging. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! 

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ja, ek het en ek trek dit terug.

Die MINISTER: Mnr die Speaker, om myself te verdedig, as ek dit mag doen, in areas waar ek wel 'n mate van 'n s het, word gemeenskapspolisiebeamptes ontplooi. Ek dink die lys van die ontplooiing van GPOs spreek sigself. Ek het geen seggenskap oor die ontplooiing van amptelike polisielede nie. Waarin ek wel seggenskap het, is hoe hulle by watter stasies aangewend moet word. Die oorgrote meerderheid van die 376 GPBs word in voorheen benadeelde gebiede aangewend.

Mnr S E BYNEVELDT: Presies nie.

*Die MINISTER: Kom ons kyk maar net. Die lys is net van die metropolitaanse gebied. Kom ek noem voorbeelde. By Athlone is 10 GPBs ontplooi, by Belhar en Delft 11, by Guguletu 13, by Manenberg 16, by Mitchells Plain 21, en so kan ek voortgaan. Dit is gevalle waar ons wel inspraak het. Waar ons oor die bevoegdheid beskik om die situasie reg te stel, doen ons dit. Die feit van die saak is dat die Guguletu Polisiekantoor in hierdie stadium oor meer as 100% kapasiteit beskik, terwyl die Muizenberg Polisiekantoor 60% onder kapasiteit is. Khayelitsha Polisiekantoor het tans sowat 110% kapasiteit. [Tussenwerpsels.] Maar ek hoor nooit ooit enigiets in daardie verband van agb lede nie!

Mnr die Speaker, ten slotte wil ek die ANC uitvra. Die Gemeenskapspolisiringsbeampteskema dra tans sowat 14% tot 15% van die funksionele beamptekorps van die SAPD by. In die Wes-Metropool het ons reeds sowat 12 of 13 polisiekantore wat nie meer 'n sigbare polisiringsbevoegdheid het nie, met die uitsondering van reserviste en GPBs. Die vraag moet gestel word aan die ANC, wat tans hul bes doen om die Gemeenskapspolisiringsbeampteskema in 'n swak lig te stel, wat hulle in gedagte het. [Tussenwerpsels.] As dit nie die geval is nie, moet daardie agb lid navraag doen by die agb lid mnr McKenzie, wat tans die onderwerp van 'n ondersoek deur my departement is, oor vergaderings wat hy met GPBs gehou het waar hy ges het, "Julle moet die ANC in die plaaslike regeringsverkiesing ondersteun; ons sal toesien dat julle professionele beamptes word", asook 'n hele klomp ander verwante politieke aangeleenthede. Dit is kernbelangrik dat die ANC vir eens en vir altyd hoorbaar moet s wat hulle nie een maal in die taxigeweldkwessie ges het nie, naamlik dat hulle in hierdie stadium meer polisiebeamptes nodig het om die busse te beskerm. Waarom swyg hulle so oor die aangeleentheid? [Tyd verstreke.]

Debat afgesluit.

VRAE

Vir mondelinge beantwoording:

Vrae wat oorstaan van Dinsdag, 23 Mei 2000:

Mikrobiologiese moniteringsprogram vir vakansieoorde

*5.	Mnr A Ismail vra die Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme:

Of hy of sy departement van plan is om 'n provinsiale mikrobiologiese moniteringsprogram vir al die vakansieoorde in die Provinsie op te stel, met die doel om te verseker dat die water by al die vakansieoorde veilig is vir gebruik, en dat fekale besoedeling wat maagdermontsteking, disenterie, cholera, ingewandskoors en lewerontsteking veroorsaak, behoorlik beheer word; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer en (b) hoe die program bestuur sal word?

Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek het op 23 Mei 2000 'n afskrif van die antwoord voorsien. Vir rekorddoeleindes lees ek weer die antwoord aan die Huis voor:

5. Nee. Hierdie funksie hoort tuis by die nasionale Departement van Waterwese en Bosbou. Die vraesteller mag dalk 'n vraag rig aan die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake, wat van almal in die Kabinet dalk die naaste daarmee gemoeid is.

Verslag oor toerismefasiliteite en -dienste

*6.	Mnr A Ismail vra die Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme:

Of die provinsiale Regering opdrag gegee het dat 'n objektiewe en duidelik omskrewe verslag oor die Provinsie se toerismefasiliteite en -dienste en die kwaliteit van sodanige fasiliteite en dienste opgestel word; so ja, wanneer die opdrag gegee is; so nie, of die provinsiale Regering van plan is om so 'n opdrag te gee; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?

Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, dieselfde geld vir di vraag. Die antwoord lui soos volg:

6.	Die Provinsiale Regering het nie opdrag gegee dat 'n objektiewe en duidelik omskrewe verslag, soos wat die vraesteller dit stel, oor die Provinsie se toerismefasiliteite en -dienste opgestel word nie. 'n Volledige databasis van produkte en dienste is deur die Wes-Kaapse Toerismeraad opgestel en dit is gepubliseer op hul Internet-webblad en in hul bemarkingsgidse. Hulle doen ook gereelde marknavorsing in die plaaslike mark en verwerk Satoer se internasionale marknavorsing om vas te stel of die toeriste tevrede is met ons fasiliteite en dienste.

Die Departement van Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme sal vanjaar 'n toerisme-ontwikkelingsraamwerk van stapel stuur, wat sal fokus op die verskillende ontwikkelingsuitdagings en -geleenthede in die provinsie.
Ek wil graag meld dat ons toegang het tot, en deel was van, die proses om 'n omvattende raamwerk vir toerisme-infrastruktuur op te stel. Dit is deur die nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme en internasionale konsultante gedoen. As ek reg onthou, het dit ongeveer R7 miljoen gekos en het hulle in die proses baie goed aandag aan die Wes-Kaap gegee. Die raamwerk is tot ons beskikking.

Nuwe vrae:

Grottobaai Kusontwikkeling: beplanningvoorwaardes

*1.	Mnr M Ozinsky vra die Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning:

(1) Of enige voorwaardes op goedkeuring vir beplanning van die Grottobaai Kuslandgoed (Plaas 721) gestel is; so ja, (a) watter voorwaardes, (b) of al die voorwaardes nagekom is;

(2) watter stappe deur die PAWK gedoen is om die voorwaardes af te dwing; en

(3)	of enige verdere optrede oorweeg word?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING (namens die Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning):

1.	(1)	Die goedkeuringsvoorwaardes is vervat in Bylae A. Drie voorwaardes waaraan nog nie voldoen is nie, is die volgende: die finalisering van die Grottobaai Bestuursplan, die verklaring van die private natuurreservaat en die oordag van grond binne die Grottobaai-ontwikkeling na die huiseienaarsvereniging.

(2)-(3) Dit is die verantwoordelikheid van die Weskus Distriksraad om die goedkeuringsvoorwaardes af te dwing en is deur die PAWK versoek om dit te doen. Die PAWK moniteer ook die implementering van die voorwaardes, wat 'n moeilike proses blyk te wees en reeds aanleiding gegee het tot regsaksies tussen die ontwikkelaar en die raad.

As 'n algemene opmerking, ten spyte daarvan dat een sfeer van regering ingevolge artikel 41(1)(g) van die Grondwet, 1996, nie by magte is om met die geografiese, funksionele of institusionele werksaamhede van 'n ander sfeer van regering in te meng nie, het die Direktoraat: Grondontwikkelingsbestuur sedert 1997 'n fasiliterende rol vervul deur -

(i)	ontmoetings te inisieer en fasiliteer tussen die raad en die Departement van Natuurbewaring gedurende 1998 ten einde te bepaal watter voorwaardes nog nie nagekom is nie en wie verantwoordelik is vir die implementering van hersonering-goedkeuringsvoorwaardes;

(ii) die raad se vordering op 'n deurlopende basis te moniteer;
(iii) terugvoering aan die beswaarmaker en sy regsverteenwoordiger te gee; en

(iv) op 25 Januarie 2000 'n vergadering by die kantore van die Weskus Distriksraad te Moorreesburg by te woon waar uitstaande sake tussen alle partye, insluitende die beswaarmaker en sy regsverteenwoordiger, bespreek is.

As die vraesteller wil h dat ek Bylae A, wat die voorwaardes is, moet lees, wys ek daarop dat dit 'n volle twee en 'n halwe getikte bladsye beslaan. As hy eerder wil h dat ek dit ter Tafel moet l, sal ek dit doen.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ons verkeer in 'n moeilike posisie, want ek het 'n aantal vrae wat ek wil vra, maar ek wil dit aan die toepaslike Minister stel, en ek weet nie of die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning hulle sal kan antwoord nie. [Tussenwerpsels.]

My eerste opvolgvraag is dit. Goedkeuring is in 1992 vir hierdie oord verleen. Ons is nou in die jaar 2000, agt jaar later. Die Provinsie was betrokke by die verlening van daardie goedkeuring. Dit is nie bloot 'n geval van die distriksraad wat dit doen nie. Is dit aanvaarbaar dat mense agt jaar lank moet wag vir die inwerkingstelling van sake onder beheer van hierdie Provinsie?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, ek bedank die agb lid daarvoor. Soos gemeld in die antwoord wat ek oorspronklik gegee het, is dit 'n ander regeringsfeer hierdie. Ek dink dat dit eerder aan daardie regeringsfeer gerig moet word, wat miskien verantwoordelik kon wees vir enige vertragings in hierdie verband. Ek sien nie uit die antwoord hier dat dit afhang van 'n bestuursplan - soos die agb lid goed weet, want hy was in daardie komitee - met betrekking tot die ontwikkelingsbepalings tot die Wet nie. Dit is ook onderworpe aan die gepaste finalisering. Ek stel my voor dat dit 'n faktor was wat bygedra het tot die vertraging.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, die punt is die feit dat ons beplanningswetgewing in hierdie Provinsie het. Ek wil graag weet of dit die voorneme van hierdie Regering is om beplanningswetgewing op so 'n wyse op te stel dat dit inderdaad in werking gestel kan word, sodat ons onsself nie in situasies bevind waar niemand, agt jaar na toestemming verleen is, weet wanneer besluite wat ingevolge wetgewing geneem is inderdaad in werking gestel gaan word nie. My vraag is: is dit die voorneme van die Regering om beplanningswetgewing te verander sodat dit prakties in werking gestel kan word?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, die agb lid weet so goed soos ek dat die nuwe Wet op Beplanningsontwikkeling bepaal dat sodra die regulasies, en so meer, gefinaliseer is, daar binne drie jaar struktuurplanne vir die hele provinsie moet wees. Ek veronderstel dat dit ressorteer ... [Tussenwerpsels.] Gee dit 'n kans - ons het maar pas die Wet goedgekeur en die regulasies is pas gefinaliseer. [Tussenwerpsels.] Ek veronderstel dat dit een van die vertragende aspekte in hierdie aangeleentheid is.

Grottobaai: wetlike ooreenkoms
oor toegang vir voertuie

*2.	Mnr M Ozinsky vra die Minister van Plaaslike Regering:

(1) Of die Weskus Distriksraad 'n wetlik bindende ooreenkoms mag teken sonder dat dit deur die Uitvoerende Raad of volledige sitting van die raad goedgekeur is; so nie, of die ooreenkoms tussen die Weskus Distriksraad en die eienaars van die huise op die strand by Grottobaai rakende toegang vir voertuie op die strand wetlik bindend is;

(2) of hy beoog om enige stappe in di verband te doen; so ja, watter stappe?

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING (namens die Minister van Plaaslike Regering):

1. (1)	Nee, die Weskus Distriksraad kan nie 'n wetlik bindende ooreenkoms aangaan sonder dat dit deur die Uitvoerende Komitee of 'n volledige sitting van die raad goedgekeur is nie.

Op 10 Februarie 1999 het die Weskus Distriksraad 'n besluit geneem om die gedeelte van Grottobaai wat as Small Beach bekend staan, as 'n swemstrand te sluit vir voertuie. Die bewoners van die huise op die betrokke strand is nie in hierdie besluit gekonsulteer nie.

Op 12 Januarie 2000 het die bewoners van die huise op Grottostrand 'n ex parte aansoek ingestel ingevolge rel 56, 'n mandement van spolie teen die Weskus Distriksraad, waarin hulle beweer dat die toegang tot hul huise - dit is die besitvereiste ingevolge 'n spoliatus-aksie - eensydig en gewelddadig versteur is, en die betrokke hof versoek om 'n bevel uit te reik wat hul besit onmiddellik sou herstel.

Regsadvies het daarop gedui dat die applikante se aansoek aan alle vereistes vir sodanige aksie voldoen en sonder twyfel suksesvol sou wees. Ten einde verdere regskoste te minimaliseer het die partye op 31 Januarie 2000 ontmoet en is daar tussen die applikante en die raad se prokureurs ooreengekom dat die Weskus Distriksraad hul toegang tydelik per ooreenkoms sou herstel, onderhewig aan die volgende voorwaardes:

* dat die applikante (slegs een voertuig per huisgesin) toegang sou kry tot slegs die huise en nie die strand nie, onderhewig aan bestaande kusregulasies; en

* dat die goedkeuring nie erkenning verleen aan die regte wat die applikante beweer hul tot die huise het nie en dat die ooreenkoms op 30 November 2000 verstryk.

Hierdie reling is uitsluitlik getref om die applikante en die Departement van Werke, wat die grondeienaars is, die geleentheid te bied om die regsposisie rondom die huise op te los.
Op 8 Februarie 2000 het die voorsitter van die raad die aangeleentheid aan die Uitvoerende Komitee van die Weskus Distriksraad gerapporteer, waarna die ooreenkoms op 1 Maart 2000 deur die applikante en die raad se prokureurs aangegaan is.

Op 10 Mei 2000, tydens 'n Uitvoerende Komiteevergadering, het die aangeleentheid weer voor die raad gedien, by welke geleentheid daar besluit is dat die raad se Tak : Natuurbewaring gereelde patrollies sal uitvoer ten einde te verseker dat die ooreenkoms nagekom word. By hierdie geleentheid is die ooreenkoms ook aan die raad voorgel.

(2)	Geen stappe nie, aangesien die ooreenkoms met die medewete van die raad aangegaan is.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek is baie verward deur hierdie antwoord, want op die tydstip toe die ooreenkoms aangegaan is tussen ...

*Die PREMIER: Vir u is dit normaal!

*Mnr M OZINSKY: Verwarring is geskep en die agb Premier word ingesluit by diegene wat dit geskep het! Hy was op die perseel.

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Mnr M OZINSKY: Ek is verward omdat 'n ooreenkoms aangegaan is en dit in die pers gepubliseer is - dit is alles in Maart en April 2000 gedoen. Dit is nie na die uitvoerende komitee verwys voordat ons hier begin vrae stel het nie. My vraag is weer: wat is die rol van die Departement van Plaaslike Regering in die monitering van onwettige stappe wat deur rade gedoen word?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, ek sal die agb lid graag wil antwoord, maar aangesien ek bloot versoek is om namens my kollega hier te antwoord, sal ek die vraag aan hom deurgee.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning ook vra of dit reg is dat indien 'n hofsaak aan die gang is, of as daar 'n dreigement van regstappe tussen 'n nasionale of provinsiale departement en 'n huiseienaar is, 'n ander regeringsfeer tussenbeide tree en die posisie van die Regering in daardie proses ondermyn.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, uit die vraag kry ek die indruk dat ek om 'n persoonlike mening gevra word. Dit sou ongelukkig baie subjektief wees en nie 'n amptelike antwoord van die Departement van Plaaslike Regering wees nie, en in daardie geval verkies ek om nie te antwoord nie.

Mej Suid-Afrika-besoek: tekort aan beamptes in Manenberg

*3.	Mnr A Ismail vra die Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning:

(1) Of daar op 5 April 2000, tydens die besoek van Mej Suid-Afrika aan die Primre Skool Edendale, 'n tekort aan polisiebeamptes by die Manenberg polisiestasie was; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;

(2) of enige spesiale veiligheids- en sekuriteitsmaatrels in plek was toe Mej Suid-Afrika die skool besoek het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING:

3.	(1)	Nee, daar was nie 'n tekort aan polisiebeamptes by die Manenberg Polisiestasie nie en die polisiebeamptes was op 'n 24-uur grondslag ontplooi in 'n groot geografiese gebied om bendeverwante misdrywe aan te spreek. Daar is 'n uitgebreide lys van datums waarop hulpbronne ontplooi is. As die agb lid verkies dat ek dit voorlees, moet hy so vir my aandui deur sy kop te knik. [Tussenwerpsels.] Ja.

(2)	Nee, die besoek van Mej Suid-Afrika aan die Primre Skool Edendale op 5 April 2000 was nooit aan die waarnemende stasiekommissaris by die plaaslike SAPD-tak bekendgemaak nie en daarom geen spesiale veiligheidsmaatrels of enige relings getref deur die SAPD of die organiseerders van die geleentheid nie.

Veiligheidswagte by Provinsiale Parlement

*4.	Mnr A Ismail vra die Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning:

(1) Of enige van die nuutaangestelde veiligheidswagte by die provinsiale Parlement voor hulle aanstelling spesiale opleiding ontvang het; so ja, (a) vir watter tydperk en (b) watter soort opleiding;

(2) of enige van di veiligheidswagte 'n deeglike veiligheidsklaringstoets ondergaan het; so ja, (a) wat dit behels het en (b) of di inligting geredelik beskikbaar is; so nie, waarom nie; so ja, wanneer dit beskikbaar gestel sal word;

(3) of 'n proses van konsultasie met al die lede van die provinsiale Parlement rakende die aanstelling van die veiligheidswagte onderneem is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is; en

(4) of lede van die provinsiale Parlement aan die veiligheidswagte bekend is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING:

4.	(1)	Ja. Al 19 sekuriteitswagte het voor hulle aanstelling spesiale opleiding ontvang.

(a) Die tydperke van opleiding was as volg: drie weke basiese beveiligingskursus by die Paarl Opleidingskollege; een week orintering by die Provinsiale Beskermingsdiens - ek wil agb lede daaraan herinner dat ek oor die kole gehaal is deur die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit omdat ek GPBs agt weke oplei en hy het daardie mense vier weke opgelei; vier weke indiensopleiding onder toesig van permanente polisiebeamptes; verdere indiensopleiding as deel van die eenheid se opleidingsdoelwitte vir die huidige jaar; en elke wag beskik oor gemiddeld drie jaar sekuriteitsondervinding.

(b) Opleiding wat spesifiek gemik is op die toepassing van sekerheidsmaatrels, is verskaf. Hierdie opleiding sluit onder andere in: toegangsbeheer; areabeheer; waarneming; patrolering; deursoeking; rekordhouding; identifisering van ploftoestelle; en etiket en protokol.

(2)	Al 19 sekuriteitswagte het 'n vertroulike veiligheidskeuring deurloop. Hierdie keuring is dieselfde as wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens van al sy permanente lede vereis en ook dieselfde as wat 99% van alle amptenare in diens van die Parlement en die Administrasie deurloop.
	
(a) Dit beteken dit sluit die vertroulike keuring in sy huidige vorm in, wat in 1994 tot stand gekom het na afloop van die eerste algemene verkiesing, toe daar besluit is om weg te doen met die omvattende keurings wat in die verlede gedoen is. Hierdie besluit is deur die Nasionale Parlement geneem. Di vertroulike keuring van die sekuriteitswagte behels dat hulle nog nooit aan enige misdryf skuldig bevind is nie.

(b) Di inligting is geredelik beskikbaar by die SAPD Nasionale Hoofkantoor in Pretoria. Sou dit op skrif verlang word, kan relings getref word om dit vanaf Pretoria te bekom.

(3) Geen proses van konsultasie met die Provinsiale Parlement rakende die aanstelling van sekuriteitswagte is gevoer nie, omdat daar geen beleid in die SAPD is wat hierdie stap noodsaak nie. As die behoefte wel bestaan om hierdie benadering te heroorweeg, moet die aangeleentheid opgeneem word met die SAPD se nasionale topbestuur. Dit is, om die waarheid te s, gedoen.

Die nuwe denkrigting, om sekere polisiebeamptes met sekuriteitsbeamptes te vervang, is nasionale Polisiebeleid en die Provinsiale Beskermingsdiens is genoodsaak om daarby in te val.

	Hierdie beleid word sterk ondersteun deur die nasionale Kabinet en nog 600 van hierdie sekuriteitsbeamptes word tans opgelei.

(4) Stappe is gedoen om Lede van die Parlement deur middel van foto's aan sekuriteitsbeamptes bekend te stel. Hulle is dan ook bekend met die oorgrote meerderheid van die Lede van die Parlement.

	Dit moet egter in gedagte gehou word dat sommige Lede van die Parlement op 'n baie ongereelde basis van die Waalstraat-ingange gebruik maak, maar eerder van die 5de vloer se wentelhek. Dit bemoeilik sake vir die sekuriteitsbeamptes om Lede van die Parlement te herken.

Dit bly egter die beleid van die beskermingsdiens om Lede van die Parlement normaalweg nie te vra vir identifikasie nie, behalwe waar daar onsekerheid is.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil graag by die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning weet, aangesien daar verskeie voorvalle was waar lede van mening was dat hulle op 'n rassistiese wyse deur die sekuriteitsbeamptes handel is, watter stappe gedoen is om die wagte in daardie opsig op te lei.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, ek wil graag antwoord deur die volgende vraag aan die agb lid te stel: watter stappe is gedoen om dit onder my aandag te bring sodat ek daarop kon ingaan? [Tussenwerpsels.]

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek wil graag as 'n opvolgvraag vra of die agb Minister saamstem met die voorstel dat dit sou help om, in plaas van slegs die foto's van die agb Premier en die lede van die koalisiekabinet daar te h, foto's van al die lede by die ingange te vertoon. Dit sou ook aandui dat daar onder die lede van hierdie Provinsiale Parlement - met uitsondering van die Kabinet - ook Afrikane is.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, as daar 'n tekort ten opsigte van foto's van Lede van die Parlement is, sal ek dit met die superintendent in bevel van die eenheid opneem en toesien dat die aangeleentheid onmiddellik reggestel word.

KMMO-beraad by NRVP: provinsiale voorlegging

*5.	Mnr G R Strachan vra die Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme:

(1) Wie die provinsiale voorlegging aan die Beraad oor Klein, Medium en Mikro Besighede voorberei het, wat op Maandag, 8 Mei 2000, by die Nasionale Raad van Provinsies gehou is, en wie se siening dit verteenwoordig het;

(2) of die voorlegging deur die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling bespreek is; so nie, waarom nie; en

(3) of hy 'n verklaring sal doen oor sy of sy departement se verbintenis om by te dra tot die nasionale debat oor di aangeleentheid?

Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek dink dit is die vyfde of sesde vraag van die agb lid mnr Strachan wat ek in sy afwesigheid beantwoord, en ek antwoord graag. 

5.	(1)	Die voorlegging was voorberei deur amptenare van die Tak: Besigheidsbevordering, Eiendomsbestuur en Toerisme. Die voorlegging verteenwoordig die siening van hierdie tak soos uiteengesit in die Groenskrif.

(2) Die dokument was gegee aan die voorsitter van die staande komitee. Dit is nie aan ons bekend of die dokument bespreek was nie.

(3) Ja. Ons het bygedra, en dra steeds by, tot die debat op beide politieke en amptelike vlak sedert ek aangestel is as die Minister verantwoordelik vir Ekonomiese Sake. Hierdie debat het, onder andere, gelei tot ons vennootskap met Khula Enterprise Finance Ltd om die New Cape Fund tot stand te bring, wat daarop gemik is om aandeelhouersfinansiering te voorsien vir besighede uit voorheen agtergeblewe gemeenskappe.

Ons deelname in hierdie kritiese nasionale debat sal voortduur, in die besonder in daardie areas waaraan ons voorkeur gee.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, daar is 'n opvolgvraag: het die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme geweet dat die departement se voorlegging deur die provinsiale afvaardiging gebruik moes word as die amptelike voorlegging namens die Wes-Kaapse Parlement by die NRVP-konferensie? Dit is 'n ernstige probleem, omdat ons in die komitee dit nie vooraf gesien het nie. Was hy bewus daarvan dat sy departement se mening en voorlegging voorgel is as die amptelike voorlegging namens die Provinsiale Parlement van die Wes-Kaap?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, ja, ek dink ek is agterna daaroor ingelig. Dit was baie eenvoudig. Die voorsitter van die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling het 'n brief van die NRVP ontvang waarin hy gevra is vir insette deur die staande komitee. Hy het my geskakel en gevra of ek kon help. Ons het ges dat ons iets vir hom sou doen en dit sou aanstuur. Dit was die situasie. [Tussenwerpsels.] Niks het die staande komitee daarvan weerhou om 'n onafhanklike mening te vorm nie en, om heeltemal eerlik te wees, dit was vir hulle om te besluit om met daardie proses behulpsaam te wees.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, is die agb Minister daarvan bewus dat dit nooit voor die staande komitee gekom het nie en dat die komitee heeltemal uitgelaat is in die wisselwerking ten opsigte van daardie voorlegging tussen hom en die voorsitter van die komitee? Daarom het sy voorlegging, as Minister, die amptelike voorlegging aan die NRVP geword, wat onaanvaarbaar is. Sy punt dat niks die staande komitee daarvan weerhou het om dit te hanteer nie, is, met die nodige respek, ook nie aanvaarbaar nie. Die staande komitee is daarvan weerhou om dit te doen. Sy wisselwerking met die voorsitter ...

*Die SPEAKER: Orde! Orde! Die agb lid het haar vaag stel.

*Me T ESSOP: Ja, ek is besig om dit te motiveer.

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, dit is baie eenvoudig. [Tussenwerpsels.] Die voorsitter van die staande komitee het bystand van ons versoek. Ek is nie in beheer van die staande komitee nie. Ek is die verantwoordelike Minister. Dit is die voorsitter van die staande komitee wat die sake van die komitee moet bestuur en beheer soos hy goed dink. Ek kan nie enige verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. Ons is versoek om te help, en dit het ons gedoen. Dit was 'n goeie daad van ons kant - dit was nie iets wat ons verplig was om te doen nie. Ons sal altyd op daardie wyse help. [Tussenwerpsels.] Dit is duidelik die verantwoordelikheid van die voorsitter van die staande komitee.
*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, my opvolgvraag is of die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme daardie voorlegging ondersteun wat deur sy departement gemaak is. Ondersteun hy die inhoud van daardie voorlegging, en vereenselwig hy hom daarmee?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, die antwoord is dat daardie voorlegging ingedien is terwyl ek by die indaba in Durban was. Ek het dit nie gesien voordat dit aan die NRVP voorgel is nie, en ek kan dus nie daarop kommentaar lewer nie.

DP-fondsinsamelaars: maatskappye verwys
na Departement van Ekonomiese Sake

*6.	Mnr G R Strachan vra die Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme:

Of die fondsinsamelaars van die Demokratiese Party, soos in advertensies in die pers gewerf, enige maatskappye na die Departement van Ekonomiese Sake verwys het; so ja, (a) in watter mate en (b) of di fasiliteit ook vir ander partye se fondsinsamelaars beskikbaar is; so nie, waarom nie?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME:

6. Nee. Gevolglik val (a) en (b) weg.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, as 'n opvolgvraag, is die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme en leier van die DP bewus van die feit dat party van die fondsinsamelaars wat deur die DP gewerf is, sy party voor die KVBA gedaag het vir onbillike arbeidspraktyke ten opsigte van hoe hulle in hierdie fondsinsamelingsveldtog gebruik is?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, met alle nodige respek, dit vloei nie uit die vraag wat gestel is nie en het niks met my funksies as 'n Minister in hierdie Huis te doen nie. Ek dink daarom nie dat ek daarop hoef te antwoord nie. [Tussenwerpsels.]

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme graag vra of dit nie die funksie van sy departement is om 'n ogie oor onwettige ekonomiese bedrywighede in hierdie Provinsie te hou en stappe te doen om dit te beindig nie.

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, as dit onder ons funksies ressorteer, en dit is nie die geval met arbeid nie, sal ons dit met graagte hanteer.

Debat afgesluit.

VRAE

Aan die Premier sonder kennisgewing:

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek wil graag die volgende aan die agb Premier vra: aangesien mnr Hernus Kriel, wat inderdaad 'n sentrale rol vervul het om die verkiesing van die agb Premier te verseker deur aktief stemming te maak teen die verkiesing van sy vernaamste opponent, die agb lid mnr Marais, en wie se opvolgingsbeleid dit verseker het, nou by die DP aangesluit het, en aangesien sy seun by die ANC aangesluit het, dink hy nie dat hierdie ontwikkelings 'n mosie van wantroue in hom as Premier, asook in die Nuwe NP is nie?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, wat ek polities dink, het heeltemal niks met die agb lid uit te waai nie, en die vraag is dus irrelevant.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, as 'n opvolgvraag wil ek graag h dat die agb Premier moet kommentaar lewer oor of hy bewus is van spekulasie dat baie van die gewone lede van die Nuwe NP glo dat hy op 2 Junie verlede jaar vir die DP gestem het. [Gelag.]

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek sou gedink het - op 'n meer ernstige noot - dat indien vrae aan die Premier gestel word, dit relevante vrae sou wees, maar dit is absolute onsin hierdie. [Tussenwerpsels.] Dit is blote spekulasie en ek dink nie dat die Huis daardie soort vraag behoort toe te laat nie.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, as 'n laaste opvolgvraag, kan die agb Premier vandag 'n onderneming aan hierdie Huis gee dat hy nooit by die DP sal aansluit nie? [Gelag.]

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, dit is weer eens irrelevant, want 'n vraag soos daardie is nie vir die Huis bedoel nie. Dit is bedoel vir 'n byeenkoms van mense op 'n ander plek. Dit is ook onbillik teenoor die mense wat hierheen kom om na opbouende vrae te luister. [Tussenwerpsels.]

*Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, die pendelaars, hoofsaaklik in die Kaapse metropolitaanse gebied, verduur die volle geweld van die konflik tussen taxi's en die Golden Arrow Busdienste. Die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit het onbeskaamd daarop aanspraak gemaak dat die situasie teen verlede Vrydag onder beheer gebring sou wees. Dit het nie gebeur nie. Mense gaan dood.

My vraag is dit: wat kan die Provinsiale Regering binne sy bevoegdhede doen om die veiligheid van ons pendelaars te verseker en te verhoed dat 'n wetsgehoorsame maatskappy soos Golden Arrow sy deure moet sluit, soos in vanoggend se koerant berig word? Dit is iets wat ons ernstig moet opneem. Sal die agb Premier asseblief daarop reageer?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, in hierdie land s die Regering dat hy ten gunste van samewerkende regering is. Dit beteken dat regering samewerkend moet wees in al drie regeringsfere.

Daar was 'n debat in die Huis terwyl ek weg was. Ek wil nie op die besonderhede ingaan nie, maar dit is presies wat die agb lid mnr Isaacs nou ges het. Ons het drie nasionale Ministers hier gehad, want in daardie stadium kon hulle nie weier en hul verpligtinge ontduik nie, en hulle is dus gedwing om 'n vergadering by te woon. Wat was die eerste belofte wat deur die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit gemaak is? Hulle sou die sekuriteitsteenwoordigheid verdubbel! Ek vra agb lede, is dit verdubbel?

*Mnr N M ISAACS: Nee.

*Die PREMIER: Nee, dit is nie. Het die ANC standpunt ingeneem ter ondersteuning van samewerkende regering en aan die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit ges dat hy moet begin om sy beloftes na te kom? [Tussenwerpsels.] Die nasionale Minister beskik oor die bevoegdhede waaroor die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning nie beskik nie. [Tussenwerpsels.]

Wat my inderdaad stom slaan, is die feit dat ons as Provinsie ... [Tussenwerpsels.] U sal u kans kry om 'n vraag te vra, Juffie, u sal u kans kry.

Mnr die Speaker, ons het uit ons pad gegaan in hierdie saak, terwyl die agb lid mnr McKenzie, wat begin het met die Rent-a-Cop-skema, wat nou die Gemeenskapspatrolliedienste is, probeer om dit op meer as een manier te ondermyn, soos ons vandag hier gehoor het.

Die mense wat deur die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning en andere gestuur is vir opleiding, word nou gebruik vir pligte wat nie ooreenstem met di waarvoor die borge hulle betaal nie. Hulle beman polisiekantore omdat ons nie oor genoeg polisiemanne en -vroue in hierdie provinsie beskik om die werk te doen nie.

Die vraag is gestel: wat sal hierdie Provinsie doen? Golden Arrow Busdienste het 'n wettige kontrak met die Regering om passasiers te vervoer en die bestuurders s, en heeltemal tereg, dat hulle veiligheid op die busse nodig het. Van ons kant het ons nou aangebied dat ons daardie gemeenskapspatrolliebeamptes sal gebruik om die busse te vergesel - die SAPD weier om dit te doen! Ons draai om en s dat dit goed genoeg is dat hulle op die treine kan wees, waarom nie op die busse nie?

Ek glo dat dit nie samewerkende regering is nie. My pleidooi is: laat ons polisiring en die veiligheid van ons mense vir eens en vir altyd nie verpolitiseer nie. Kom ons kom bymekaar en doen iets daaromtrent. [Tussenwerpsels.]

Kom ek praat oor wat ons doen. Die vraag is gestel: wat doen die Provinsiale Regering?

*Mnr M OZINSKY: U kerm.

*Die PREMIER: Nee, nee. Ons kerm nie. [Tussenwerpsels.] Ons kerm nie soos daardie agb lede nie! Ons kerm nie. Nee, ons doen iets. Elke oggend, met behulp van die polisie en lede van die Weermag, van 04:00 af, is daar padblokkades. Baie taxi's is geskut.

Ten tweede het die agb Minister van Vervoer en Werke sy woord gehou. Daar was 'n sespuntooreenkoms. Hy het sy woord gehou. Hy is besig om die permitkwessie te heroorweeg. [Tussenwerpsels.] Hy het die Plaaslike Padvervoerraad van 6 tot 9 lede vergroot, en sal dit tot 12 vergroot. Hy het woord gehou.

Nou vra ek die Sentrale Regering en die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit om nie bloot hul menings uit te spreek nie, maar om hul woord te hou en te doen wat hulle ges het; en van ons kant sal hulle die bystand kry wat hulle op die oomblik kry.

*Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, in die lig van die feit dat die agb Premier sekuriteitsbeamptes op die busse gaan plaas, is hulle ten volle toegerus om die veiligheid van die pendelaars te waarborg?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek wil nie my nek uitsteek en s dat die sekuriteitsbeamptes volledig toegerus is om die veiligheid van pendelaars te waarborg nie. Ons moet nie vergeet dat hierdie sekuriteitsbeamptes opleiding van slegs agt weke gehad het nie. Hulle is nie polisiebeamptes wat die hele opleidingsproses deurgaan het nie. Met hul toewyding en hul teenwoordigheid op die busse is ek egter seker dat hulle uit hul pad sal gaan om vir die veiligheid van die pendelaars te probeer sorg.

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, ek wil graag die volgende vraag aan die agb Premier stel: in die lig van die huidige vlaag van Afro-pessimisme in die internasionale media, wat kan die Wes-Kaap doen om die negatiewe beeld te versag wat aanhou om die kontinent te beduiwel?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, wat kan die Wes-Kaap doen? Een van ons nege beleidsoogmerke is dat die Wes-Kaap die poort tot Suid-Afrika is, asook tot die Afrikakontinent. Wat het ons gedoen? My reis na China en ons ooreenkomste met ander lande in die wreld is eenvoudige voorbeelde wat aandui dat die Wes-Kaap bereid is om, met goeie regering en demokrasie in hierdie provinsie, 'n rigtingaanwyser vir Afrika te wees.

Ek is egter bevrees dat nie veel gebeur het nie. Die swye van ons nasionale Regering en ons leiers, met hul suutjies-suutjies-benadering tot Provinsie Mugabe wat 'n tiran is, help nie die beeld van Afrika aan nie. [Tussenwerpsels.] Wat my betref, ons praat oor die Afrika Renaissance, maar weet enige van die agb lede daar oorkant wat die Afrika Renaissance is? [Tussenwerpsels.] Nee, dit is mooi woorde. Ek glo dat die Wes-Kaap ten minste 'n bolwerk van demokrasie is en dit wys dat sentralisme, soos deur die ANC-regering bedryf, nie die aangewese weg vir Afrika is nie.

Mnr die Speaker, die Wes-Kaapse Regering is uitgenooi na die World Economic Forum wat tans in Durban gehou word. Hulle het ons gevra wat ons oplossings vir Afrika is. Ons beskik nie oor al die antwoorde nie, maar ten minste ... [Tussenwerpsels.] ... beskik ons oor die antwoorde vir die Wes-Kaap. Die ekonomie van die Wes-Kaap word in die res van die wreld erken, en as gevolg daarvan het hulle ons gevra wat ons as die Wes-Kaap kan doen. [Tussenwerpsels.] Ja, ons maak deel uit van hierdie vasteland. Ons sal uit ons pad gaan om Afrika te help, maar die demokrasie waarvan ons praat, moet ook in Afrika begin gestalte aanneem.

Wat is aan die gang in Afrika? Die ANC probeer om uiteindelik 'n eenpartystaat te bewerkstellig. [Tussenwerpsels.] Dit is iets wat ons in die Wes-Kaapse Regering sal teenstaan en nie sal toelaat om te gebeur nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, wat ons betref, ons het een tree verder gegaan. As ons na Afrika kyk, is ons die een provinsie wat 'n susterverhouding met Tunisi het; dit is ons verbintenis tot Afrika. Ons sal aanhou probeer en ons hoop dat die sentraliste aan daardie kant van die Huis by ons sal aansluit en Afrika vir ons almal sal laat werk.

Mnr A J WILLIAMS: Mnr die Speaker, ek wil graag van die agb Premier weet watter korttermyn- en langtermyn- ekonomiese voordele die onlangse besoek van die agb Premier aan China vir die Wes-Kaap in hou, en in die besonder vir die ekonomiese bemagtiging van die voorheen benadeelde gemeenskappe.

Die PREMIER: Mnr die Speaker, China en Korea is van die groter ekonomiese rolspelers in die wreld. Ons sluit dieselfde ooreenkomste met daardie lande as wat ons met ander lande in die wreld sluit. Wat egter baie belangriker is, is dat ons met hierdie ooreenkomste bre begin bou het. Ons het met Korea, wie se ekonomie met 10% tot 12% per jaar groei, bre begin bou, maar eers na die Asiatiese krisis.

Mnr die Speaker, ons kan eers by kultuur begin. Daardie mense het 'n kultuur van 5 000 jaar. As ons mekaar se kultuur respekteer, kan ons baie leer. Na ons delegasie se besoek aan die provinsie Shandong, is daar nou sprake van 'n belegging van US$74 miljoen om 'n tekstielfabriek in die Wes-Kaap te vestig.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die PREMIER: John-Thompson Boilers van die Wes-Kaap is by die VN aangestel om ondersoek in te stel na lugbesoedeling, wat veroorsaak is deur die steenkool wat China vir kragopwekking gebruik. Kleinboerdery in China is een van die bedrywe wat die ekonomie daar aan die gang hou. Die Wes-Kaap beskik oor die tegnologie en die navorsing wat vir hulle kan help, en daar is ook 'n mark vir ons in die wyn- en vrugtebedryf. Die provinsie Shandong is so groot soos die Wes-Kaap. Dit het 'n bevolking van 88 miljoen teenoor die 4,5 miljoen van die Wes-Kaap, maar hulle werkloosheidsyfer is 3,1%. Ons kan dus lesse daaruit leer.

Mnr M L FRANSMAN: Wat het julle gedoen?

Die PREMIER: Ons glo dat ons op hierdie stadium met ons tegnologie, ... [Tussenwerpsels.] ... boerdery en werkskepping deur die KMMOs die bre gebou het, nie net vir die Regering nie, maar ook vir ons mense sodat ons wedersyds met handel dryf en investering kan begin. 

Daardie mense s vir ons dat die geletterdheidsyfer in die Wes-Kaap so hoog is - en hulle weet partykeer meer as wat ons dink hulle weet - dat die Wes-Kaap die ideale provinsie vir investering is en om daardie mense in die industrie te gebruik wat hulle hier wil oprig.

Mnr die Speaker, ek glo die bre is gebou en ons en hulle kan nou met ons nasies oor daardie bre loop.

*Mnr A R WINDE: Mnr die Speaker, ek wil die agb Premier graag vra of hy dink dat die situasie in Zimbabwe die ekonomie in hierdie provinsie raak. En, sal dit ook 'n uitwerking h op waarna die agb Premier pas verwys het, die bande tussen ons en China en die ekonomie in daardie streek.

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, die internasionale gemeenskap, afgesien van die versekerings wat ons verstrek, s dat hulle in een stadium op die punt was om in ons land te bel.

*Me T ESSOP: Dit is alles hoors.

*Die PREMIER: Dit is nie net in die Wes-Kaap nie, maar in ons land. Dit is die meningsvormers, nie soos daardie "nie-meningsvormers" daar oorkant nie. [Tussenwerpsels.] 

Die internasionale gemeenskap s dat ons weer eens hul proses na ons land vertraag het, want ons het nie sterk genoeg standpunt ingeneem oor hierdie kwessie van Zimbabwe nie. Dit is nie deur Zimbabwe te kritiseer nie, maar deur ons leiers wat s dat hulle nie grondbesettings in ons land sal toelaat nie. Dit gee nie aan hulle die versekering dat hulle inderdaad hier kan bel as ons deur ons swye goedpraat wat in Zimbabwe aan die gang is nie.

Mnr die Speaker, wat egter goed is daaromtrent, is dat hulle s dat hulle vertroue in hierdie land het - en dit is nie net China wat dit s nie, maar ander lande ook - en dat hulle beginpunt dan die Wes-Kaap sal wees. Ek glo dat daar baie politieke faktore is wat maak dat hulle nie instroom soos ons gedink het hulle na 1994 sou instroom nie.

Ons in hierdie land neig om te vergeet dat die wittebrood wat almal in 1994 in gedagte gehad het, verby is, en die beloftes wat destyds gemaak is ... [Tussenwerpsels.] ...

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Die PREMIER: ... oor werk en huise en die ekonomie en alle ander sake, is nie verwesenlik nie. Die Regering is oorval deur korrupsie, nepotisme en baantjies vir boeties, en die wreld dra kennis daarvan. Ek glo dat ons as Provinsie moet verseker dat daar in hierdie provinsie goeie regering en goeie lewering is en dat ons so korrupsievry as moontlik is. As ons hierdie stappe doen, kan ons 'n boodskap aan die res van die wreld stuur dat daar 'n kans is dat Afrika ook sal ontwikkel.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ek wil van die agb Premier weet watter stappe hy gedoen het om die Openbare Beskermer by te staan in sy ondersoek na aantygings van korrupsie ten opsigte van die Smartie Town-behuisingsontwikkeling in Macassar, wat vrae laat ontstaan het oor die rol van die agb Minister van Behuising, asook Nuwe NP-raadslid Jannie Beukes.

Voorts, watter stappe het hy gedoen om aantygings teen die agb Minister in die Kantoor van die Premier ten opsigte van die Administrasie van OOT-fondse wat deur die Tonka Bosman Skool ontvang is, te ondersoek, sedert die aangeleentheid meer as vyf maande gelede in die Provinsiale Parlement opgehaal is?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, soos agb lede goed weet, beskik die Provinsie oor 'n forensiese ouditkomponent. Hulle is tans daarmee besig. As dit by die Openbare Verdediger kom ... [Tussenwerpsels.] Ek sal daarby uitkom. As dit by die Openbare Verdediger kom, sal hy enige hulp ontvang wat hy van my nodig het, soos ek die Heath-kommissie bygestaan het en soos ek daardie dokumente onderteken het waaroor die agb lid my onlangs uitgevra het. [Tussenwerpsels.] Ek het ges, "soos ek die dokumente onderteken het". Die agb lid moet nie 'n antwoord in my mond l nie. [Tussenwerpsels.] Ek sal bystand verleen waar ek kan - nie slegs as ek gevra word nie, maar as ek agterkom dat hierdie sake nie in orde is nie - om te verseker dat korrupsie aandag geniet in die Provinsie.

Wat die kwessie van die Tonka Bosman Skool betref, die agb Minister gee saam met ons daaraan aandag.

Me T ESSOP: [Onhoorbaar.]

Die PREMIER: Nee. As die agb lid wil h dat ek haar moet antwoord, dan moet sy asseblief luister. [Tussenwerpsels.] Dit maak nie saak nie, dit is 'n antwoord. Dit is dalk nie die antwoord wat agb lede wil h nie, maar dit is 'n antwoord. [Tussenwerpsels.] Die saak word ondersoek en ek is seker dat 'n verslag gepubliseer sal word as dit afgehandel is.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, as 'n opvolgvraag, sou die agb Premier teenoor die Huis kon aandui wie die Frieda Adams/Tonka Bosman-voorval ondersoek?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, dit word nie ... [Tussenwerpsels.] Die agb lid moet luister en my laat klaar maak. Dit word nie deur 'n firma van buite gedoen nie. Ek het so pas aan die agb lid ges dat ons forensiese ouditdepartement besig is om in te gaan op die klagte wat gel is. [Tussenwerpsels.]

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ek wil graag duidelikheid hier h. Die agb Premier het di twee aangeleenthede verwar. Hy het aangedui dat die forensiese oudit die Smartie Town- en Herandien-geval met die Openbare Verdediger, soos hy om genoem het - hy is inderdaad die Openbare Beskermer - sal behartig. Die tweede reaksie was dat Frieda Adams ondersoek instel na haarself, maar dat daar 'n ondersoek was. [Tussenwerpsels.] Ek moet weet wie die ondersoek na die tweede kwessie behartig. [Tussenwerpsels.] Hy het nie ges dat dit die forensiese oudit was nie.

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, moet ek dit weer s?

AGB LEDE: Ja!

Die PREMIER: Die forensiese ouditspan van die Provinsie doen dit ook.

*Me T ESSOP: Ook?

*Die PREMIER: Ook. Antwoord dit die agb lid?

Me T ESSOP: [Onhoorbaar.] 

Debat afgesluit.



358	DINSDAG, 20 JUNIE 2000



357
	DINSDAG, 20 JUNIE 2000
		


	DINSDAG, 20 JUNIE 2000	339


